Oom Paul se stories

Tuesday, July 25, 2006

Na my propvol, hiper exciting en extremely sleep deprevated vakansie, het iets my inspire om my lewe te deel met die wereld. Tragies soos dit is, hier sit ek actually en tik oor dit met die vae hoop dat iemand dalk dit sal lees. Wie weet wat die punt van 'n blog nou regtig is. In my opinie is dit 'n baie lekker uitlating. Jy kan sit en tik so veel as wat jy wil en dit gee vir jou 'n geleentheid om bietjie terug te sit en te dink oor die verskeie gebeurtenisse van die dag. Ek is een van daardie mense wat hou daarvan om te tik en ek voel dus hierdie kan 'n goeie uiting wees. Ek sit immers heel dag rond en doen niks (klasse is overrated en as ek kyk na my punte van laas semester, onnodig). Het nie veel om te se nie anders as ek hoop hierdie ding werk actually want ek sien sulke snaakse "Connection failed" boodskappe.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home