Oom Paul se stories

Wednesday, July 26, 2006

Ek was van plan om iets heel anders hier te sit vanoggend, its funny ens... Daar het 'n hele paar sulke goed in my kop ingepop na gisteraand se BP mission, maar tog voel dit alles onvanpas vanoggend.

Nadat ek my eerste twee klasse verslaap het (of dit intentional was of nie sal niemand ooit weet nie) word ek wakker tot die redelikke shocking nuus dat my ouma vanoggend oorlede is. Dit kom as 'n redelikke skok vir almal, want niemand het so iets verwag nie. Ek het my ouma Sondag nog gesien en sy het fine gelyk.

Hierdie is my plek vir uiting van emosies, maar wat so tragies is, is dat ek nie regtig my huidige emosies verstaan nie. Dis asof ek weet ek moet sad wees, maar tog voel ek nie regtig enigiets anders as skuldig oor die feit dat ek moet sad voel nie... Ek is seker dit sal my wel tref as ek huis toe gan vanmiddag.

Dit was nou nie regtig die idee van 'n blog om sulke goed daarop te sit nie, maar ek dink tog daar was dalk 'n doel dat ek die blog gekry het nou. Ek hoop maar net daar le nie nog sulke voorvalle in wag nie... daaisie coolie...

0 Comments:

Post a Comment

<< Home