Dit is weer tyd vir 'n post... Hoekom? Want ek is eenvoudig bored en my reelings vir die dag het nie heeltemal verloop soos ek gedink het dit sou nie. Nou sit ek alweer hier en tik oor feitlik niks.
Ek het, gelukkig genoeg, nie veel wat in my kop aangan vandag nie. Ek dink maar meestal oor die ser en verskeie goed geheg aan die ser... so dit hou my kop lekker skoon van al die ander vreemde idees wat ek soms kwyt raak. Donderdae is maar my breindood dae oor die algemeen. Dit volg Woensdae en ek het nie klas nie... wat alles lui tot 'n besonderse lui dag en selde enigsins bedrywig.
Een ding wat ek wel oor gewonder het in my kop... na aanleiding van kommentaar gelewer deur my vriendelikke buurman (dis nou die een wat in die vyandige koshuis oorkant my bly). Ek het verder gewonder oor wat die nut van filosofeer nou regtig is. Nie net filosofeer nie, maar dieper dink sonder met die doel om 'n probleem op te los. In essence is dit vir my 'n groot deel van filosofeer en dieper dink oor verskeie goed, die feit dat jy nooit regtig by 'n volledige antwoord uitkom nie. Dit is nie soos die wetenskappe nie, glad nie soos ingenieurs probleme nie en oor die algemeen totaal onoplosbaar, ten spyte van sommige mense wat glo daar is 'n antwoord vir alles.
As daar 'n antwoord op alles was, sou meeste van die "groot vrae" mos teen nou al beantwoord gewees het. Vrae soos 'hoekom is ek hier' en 'how can we maintain world peace' is goed wat daagliks meer geworstel word deur miljoene mense, tog is daar geen antwoord nie. Daar is oneindig baie idees oor hoe om sulke vrae te beantwoord, maar daar is nie een regte antwoord nie; nie soos ons in wiskunde kan se 1 + 1 = 2 nie, nie soos ons kan kondensasie bewys nie. Daar is eenvoudig geen conclusive antwoorde op sulke vrae nie, maar mense sukkel nou al met dit vir etlikke biljoene jare sonder enige regte sukses. Nou is daar nog steeds mense onder ons wat glo alles het 'n antwoord, dis net 'n kwessie van tyd. Ek wil vir hulle die vraag stel: Hoe lank reken julle is hierdie 'tyd'? Nog een van daai vrae wat nie beantwoord sal word nie.
Nou terug na my punt... wat is die nut van filosofeer oor goed. Ons kan duidelik die daaglikse nut sien in meer wetenskaplikke goed, maar ek sukkel soms om te verstaan wat die nut is om dieper te dink oor goed. Aan die een kant het dit deffinitief 'n nut op persoonlikke groei, maar aan die ander kant het dit dikwels feitlik 0 betekenis vir die samelewing. Ek kan nie verstaan hoekom mense soos Plato en Aristotle so groot effek op die wereld kon gehad het nie. Hulle was die trendsetters van hulle tyd. Deesdae is dit mense soos Britney Spears en Paris Hilton, nie een regtig 'n goeie rol model nie. Dit is sad hoe uiterlikke so belangrik geraak het. Tog aan die ander kant is ek heel waarskynlik besig om die ancient civilizations op 'n pedestal te plaas, maar dit klink net soveel meer awesome. Plato en Aristotle as role models...
Bring terug die dae van die filosowe en raak ontslae van skoene!!